Omvattende landbouverslae en lewensvatbaarheidstudies
Standard Bank
kan 'n gespesialiseerde ontleding van jou
besigheid doen.
'n Omvattende landbouverslag (OLV) sluit 'n
kontantvloeistaat, 'n ontleding van jou
terugbetaalvermoë en 'n berekening van die
produktiewe waarde van die eiendom in.
'n Sensitiwiteitsontleding word ook gedoen
deur veranderlikes in berekening te bring soos
prys, opbrengs, verskillende kombinasies van
ondernemings, 'n finansiële ontleding van die
boer se finansiële state en 'n risiko-ontleding.
'n Risiko-ontleding van die relevante
risikofaktore word gedoen, byvoorbeeld tegniese
en finansiële bestuur, ondernemingsrisiko en
bemarkingsbestuur.
'n Lewensvatbaarheidstudie is 'n meer
beknopte OLV, aangesien die finansiële of
risiko-ontleding weggelaat kan word. Hierdie
spesialisdiens is op aanvraag teen 'n koste
beskikbaar.
Vir meer inligting, kontak u plaaslike
landbou-adviseur of jou Landboumarkbestuurder.
Vir 'n voorbeeld van 'n OLV, kliek hier vir
pdf-formaat of
word-formaat
|